Handelinge

Die Heilige Gees is op hul uitgestort
en drie duisend het gelowig geword.

Die evangelie is versprei in wyer wordende kring
Eers in Jerusalem is die evangelie gebring.
Daarna in Judea,
    toe na Samaria.
        Later na die uithoeke van die aarde.
‘n Boodskap van ontsagbare waarde:

‘n Seun is in ‘n krip gebore –
daarom gaan jý nie verlore,
want Hy het vir jou gesterf,
sodat jy die ewige lewe kan erf!