Handelinge: Die Heilige Gees

Voor enige iets nog kon begin leef
het die Gees al oor die waters gesweef (Gen 1:2)

Die Heilige Gees en Jesus
In die evangelie van Lukas kan jy lees
Dat Hy in Maria verwek is deur die Gees (Luk 1:35)
By Jesus se doop word daar verhaal
dat die Gees soos ‘n duif op Hom daal. (Luk 3:21,22).
Jesus wat wel gedood is na die vlees,
is lewend gemaak deur die Gees. (I Pet 3:18).

Ek sal tot die Vader bid
dan sy Hy ‘n Trooster by jul sit. (Joh 14:16; 16:7)
Hy sal julle dan elke keer
herinner wat Ek jul nou leer (Joh 14:26)

Die uitstorting van die Gees (Hand 2):
Julle sal krag ontvang as die Gees oor julle kom
tot My boodskap in die uithoeke van die wêreld kom. (Hand 1:8)

Met die Pinksterfees was almal bymekaar
‘n Stormwind vul die vertrek toe daar.
‘n Vuur wat in tonge verdeel,
het oor hulle koppe gespeel.
Geesvervullend is niemand dieselfde gelaat.
Almal het in verskillende tale begin praat.

Julle moet dit so vertolk:
Bloed en vuur en wolk,
is tekens wat mens in Jesaja lees,
tydens die uitstoring van die Gees

Die Heilige Gees en jy.
As kind is jy gebore in die vlees
Jy word weer gebore deur die Gees. (Joh 3:3-8).

Die Gees deursoek vir jou elke ding
en sal jou God se geheimenisse bring (I Kor 2:10,11).
Die Gees sal jou in die waarheid lei
en so sal jy die toekomsboodskap kry (Joh 16:13).

As jy glo en met God se dinge stoei:
Lewende water sal uit jou binneste vloei (Jes 58:11).
Jou lewe moet nou anders wees,
want dis die tempel van die Gees. (I Kor 6:19,20).
Die nege vrugte van die Gees,
moet in jou lewe sigbaar wees. (Gal 5:22).

Die Heilige Gees het vir jou gawes gegee,
tot nut van ander – wat maak jý daarmee? (I Kor 12:4,7).