‘n Handdoekie vir jou,
sodat jy sal onthou:
Jy moet bly vertrou,
want God is getrou.
Sweet van lewenspad?
Maak hom dan nat,
sit hom op jou nek –
spoedig sal jou treë rek.
As die hartseer slaan,
droog daarmee ‘n traan.
So kry jy weer krag
om gou weer te lag.
Sit hom langs jou bed
en kniel daarop in gebed.
As jy jou hart uitstort,
sal Hy dit heel laat word.
Wees oor hom nie skaam
vat hom orals saam.
Hy sal jou help onthou:
God is en bly getrou.
As dit dan beter gaan,
koop nog ‘n handdoekie aan.
Sit die gediggie daarby –
jy sal wéét wie dit moet kry.
Langs elke handdoek bed
kniel ons saam in gebed.
Oral waar ons deel,
maak God mense heel.
So, dié handdoekie is vir jou,
spesiaal mooi toegevou.
Ek bid op myne vir jou
dat jy God sal bly vertrou…