Habakuk, lewe deur geloof.

Habakuk kla
en God wys die swaar.
Habakuk vra,
God leer: geloof bewaar.

Habakuk staar:
God het oordeel verklaar.
Habakuk verklaar:
Ek jubel ten spyte van swaar!

Die boek Habakuk wil beloof:
Jy word net gered deur geloof,
daarom kan jy in swaarkry loof!

Habakuk kla en God wys die swaar (Hab 1:1-11).

Hoe lank moet ek nog vra,
oor al die geweld by U kla?
Die wet het nie meer krag,
onskuldiges se reg word verkrag.

Jy gaan jou verstom en nie verstaan
want Ek gaan julle verder slaan.
Verwoesting saai die vyand se leër,
niemand kan hul perde keer!

Habakuk vra, God leer: geloof bewaar (Hab 1:12-17).

U, o Heilige, is tog van altyd daar?!!
Hoe kan mens die geweld verklaar?
Met nette en hoeke in ons bek gevang,
is ons soos visse, vasgekeer bang!
Kan U sien: ons bewe van angs?
Die Galdeërs juig oor hulle vangs!

Jy moet net geduldig bly wag,
hier is die die boodskap se krag:
Die onregverdige moet bewe,
maar die wat glo sal ewig lewe!

Habakuk staar: God het oordeel verklaar (Hab 2:5-20).

God hét na die geweld gekyk:
Ellende wag vir die wat hul verryk.

Ellende wag vir die wat bou met moord,
dis God, die Almagtige se Woord.

Ellende jul wat drank met gif geskink:
Jul sal God se oordeelsbeker drink!

Ellende wag vir hom wat vir hout
‘n nuttelose afgod, bid vir sy behoud.

Almal moet die Here in Sy tempel vrees,
in sy teenwoordigheid net in stilte wees.

Habakuk verklaar: Ek jubel ten spyte van swaar! (Hab 3).

U het riviere en berge gemaak
Dit verkrummel as u daaraan raak.
Toe ek dit hoor het ek gebewe
Sal U my ongeduld vergewe?

Al sou die vyeboom nie bot,
die druiwe op die wingerd verrot.
Al is die olyf oeste kaal,
en geen beeste in die kraal.
Nogtans sal ek in die Here juig,
voor sy alwetenheid sal Ek buig.
Die Here gee vir my krag,
soos ‘n ribbok veilig vandag.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading