Ek beveel suster Febe by julle aan,
ek vra julle om haar by te staan. (Rom 16:1-2)
Ek wil groete vir Priscilla en Akwila oordraag –
hulle het hulle lewe vir my gewaag.
Groete aan al die gelowiges daar,
wat in hulle huis daar vergaar. (Rom 16:3-5)
Groete ook aan Andronikus en Junias
wat saam met my in die gevangenis was.
Ook aan my liewe vriend Ampliatus
en my medewerker in Christus, Urbanus. (Rom 16:6-9)
Dan ook vir Stagis, Apelles en Aristobulus,
Maria, Trifena, Trifosa en Narsissus,
Flegon, Hermas, Julias en nog vele meer,
almal ywerige werkers in die diens van die Heer. (Rom 16:3-16)
Van dwaalleeraars moet julle wegbly –
dis hulle wat die liggelowiges mislei.
God sal Satan onder julle voete verpletter,
Sy genade sal julle beskerm teen die geketter. (Rom 16:17-20)
My medewerkers wil ook groete stuur,
almal is by my in hierdie uur.
Ek, Tertius, skryf nou hier.
Groete van Erastus, die stadstesourier. (Rom 16:21-23)
God is magtig om julle vas te laat staan,
in die evangelie wat julle nou verstaan.
Dis in geskrifte en profete bekend gemaak,
sodat julle gehoorsame gelowiges kon raak. (Rom 16:25-26)
Aan God, deur Jesus,
Hy is enig en alwys,
kom toe die eer en prys
tot in die ewigheidsrus! (Rom 16:26-27)