God sluit ‘n genadeverbond met Abraham

Jy moet ’n dier middeldeur sny
vir die verbondsluiting met My. (Gen 15:10)
Hierdie land sal eendag aan jou behoort
oor vier geslagte pluk jul druiwe van ’n boord.

Die fakkel het, toe die son ondergaan,
alleen tussen die vleis deurgegaan. (Gen 15:17)
Die verbond is eensydig gesluit
en het ook sy nageslag ingesluit. (Gen 17:7)

Hierdie verbond was net ’n skaduwee
totdat Christus daarin sou tree. (Heb 8:5)
Die verbond se wette is nou
in elkeen se hart toegevou. (Heb 8:10)