God se plan (Ef 1:1-15)

Uit God se wonderlike liefde en genade, (Ef 1:5)
ja, nog voor enige van Sy skeppingsdade, (Ef 1:4)
het God bestem dat jy Sy kind kan wees (Ef 1:5)
en dat jy sonder jou sonde sal wees. (Ef 1:7)

Hy het besluit om jou Sy wil te leer. (Ef 1:9)
Ja, Christus is ons hoof, die Heer. (Ef 1:10)
Ons is sy volk, soos bestem lank vooruit. (Ef 1:11)
Hy laat alles gebeur volgens sy raadsbesluit. (Ef 1:11)

Deur jou geloof kan jy hierin deel,
deur die Gees is jy as kind beseël. (Ef 1:13)
Die Gees is die waarborg dat jy sal kry:
ja, volkome verlossing vir jou en my! (Ef 1:14)

Jy moet nou jou dankbaarheid wys
en daarom God se grootheid prys! (Ef 1:12,15)


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply