In die verlede het God op baie maniere gepraat: (Heb 1:1)
Mense kon Sy stem hoor in die natuur. (Ps 19:2-5, Rom 1:19-20).
Hy het ook deur drome sy boodskap gelaat (Gen 28:12-15).
Profete het dringend geroep tot die laaste uur, (Jer 16:1-4).
maar nou…
het Hy ons verdere guns verleen:
Nou praat Hy deur Sy seun! (Heb 1:1).
Sy boodskap moet julle nie mis,
want kyk net wie Hy is:
Deur Hom is die wêreld gemaak. (Heb 1:2, Joh 1:3, Kol 1:16).
God het Hom erfgenaam van alles laat raak. (Heb 1:2).
Jy sien die heerlikheid van God uit Hom straal, (Heb 1:3, Joh 1:14, Joh 14:9, Kol 1:15, Kol 2:9)
maar tog het Hy vir jóú sonde betaal! (Heb 1:3)
Hy het jou van binne skoongemaak (I Joh 1:9)
sodat jy nie sal terughou aan God se taak. (Heb 9:14, Heb 10:21-22)
Hy hou alles deur sy magswoord in stand. (Heb 1:3, Kol 1:17).
Hy sit in die hemel aan God se regterhand. (Heb 1:3, Ps 110:1, Mat 22:44; Mat 26:64; Mark 12:36; Mark 14:62; Luk 20:42-43; Hand 2:34-35; Heb 1:13).
Hy is bo die engele verhewe (Heb 1:4).
en is die beeld van God wat lewe! (Joh 14:9, Kol 1:15, Kol 2:9).
Hy praat as jy jou Bybel begin lees:
Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” (Gen 1:3)
Ja, Hy wil oor Sy lig en liefde praat,
vervat in Sy Seun se verlossingsdaad.