God is getrou: Jy moet vertrou

Ek wil dat julle onthou:
God was altyd getrou,
dis óns wat moet berou. (Num 1:19)

God het gesê: Trek die land in,
Ek het beloof dit is julle sin.
Deur My krag sal julle oorwin. (Num 1:21-25)

Die verspieders het uitgegaan:
“Ons kan hulle nie verslaan –
Hulle is soos reuse, moet jy verstaan!” (Num 1:26-28)

Onthou, ek het julle toe gevra:
Het God ons nie tot hier gedra?
Ons moet net in vertroue Sy hulp vra! (Num 1:29-33)

God het ons gestraf soos ons verdien:
“Nie een van hierdie geslag sal die land sien.
Miskien sal julle in veertig jaar leer, miskien…” (Num 1:34-36)

Julle was moedswillig en ongehoorsaam.
Werk, van nou af, as God se volk saam
en eer Sy groot en heilige Naam. (Deut 4:5-7)

Julle probleem was ongeloof –
Leer nou: Glo wat God beloof.
Julle moet Hom in vetroue loof.

Julle staan nou hier op die rand
van die lank beloofde land.
Vetrou hierdie keer God se hand! (Deut 4:30-40)

Jy, liewe leser, moet ook onthou:
God is en bly nog altyd getrou,
Jy moet jou ongehoorsaamheid berou.

Jy staan ook nou op die rand
van die lank beloofde land.
Neem in vetroue God se hand!

Ja, val in eerbetoon voor Hom neer,
gee buigend die magtige Skepper alle eer.
Jubel van harte tot eer van die Heer. (Ps 95:1-2)