Abraham, al is jy al nege en negentig,
moet jy nou besef: Ek is God almagtig. (Gen 17:1)
Ek sluit ’n verbond met jou wat ewig bly.
Jy sal ’n groot nageslag van my kry.
Jou nageslag sal hierdie land besit.
Besny as teken, elke manlike lid. (Gen 17:7-11)
Hierdie verbond wat ewig bly,
geld ook nog vir jou en my.
Ja, met bloed is ons gekoop
en die teken daarvan is die doop. (Kol 2:9-15)
Jou lewe kan nou anders wees,
want jy is gedoop met die Gees. (Mat 3:11, Rom 6:3-4)