Ons is vir die Here afgesonder
en deel aan die hemelse roepingswonder.
Let daarom noukeurig op Jesus, want Hy
is die Hoëpriester van die geloof wat ons bely. (Heb 3:1)
Moses was die grootste man, onthou
hy was in die huis van God getrou. (Heb 3:2)
Jesus het egter die geestelike huis gebou. (Heb 3:4-6, I Pet 2:4-5).
Hy is hoeksteen en maak stene van my en jou! (Ef 2:20)
Ons is Sy huis as ons maar net
vashou aan die hoop wat ons het. (Heb 3:6).
Die hoop beteken dat ons vas en seker glo
dat ons, as huis, deel is van die heerlikheid daarbo! (Rom 5:2).
Leave a Reply