Gewetensake (I Kor 8-10).

As jul in gewetensake mekaar nie verstaan,
pak dit in ‘n gesindheid van liefde aan. (I Kor 8:1).

Paulus, kan ons afgodsvleis wel eet?
Dis nie almat wat die waarheid weet: (I Kor 8:7).
Daar is net een God, moet jy verstaan. (I Kor 8:2)
Dis nie deur kos wat jy nader aan Hom gaan.

Jy wen of verloor niks deur wat jy eet, (I Kor 8:8)
maar in jul verskil, moenie liefde vergeet!
Jy is nou wel van die wette vry,
moet net nie ander daarin na sonde lei! (I Kor 8:9)

As jy ‘n las op ‘n swak gewete sit,
moet jy vir jou sonde bid.
Ja, jy wat al van beter weet,
moet dan eerder nie afgodsvleis eet. (I Kor 8:13)

Ter wille dat hulle die evangelie hoor,
moet jy eerder die argument verloor. (I Kor 9:22)
Oor eet en drink wil ek leer:
Doen dit tot God se eer! (I Kor 10:31)