Geloofsgroei (II Petrus 1:1-11).

Sy krag het ons alles gegee om te wen.
Dié gawes kom deurdat ons Hom ken.
Daardeur kan ons die verderf ontvlug
en kry ons die Goddelike natuur terug. (II Pet 1:3,4)

Daarom, werp alles in die stryd
om jou geloof te verryk met deugsaamheid.
Ook met kennis en selfbeersing,
dan selfbeheersing met volharding
en volharding met godsvrug.
daarna bring dit dan liefde terug. (II Pet 1:5-7)

As julle dit alles besit en dit word meer,
sal julle met ywer en vrug van Jesus leer.
Iemand wat dit nie sy eie maak is kort van sig:
Hy vergeet dat hy van sonde gereinig is… (II Pet 1:8-9)

Probeer daarom met jou lewe bewys:
God het jou verkies en geroep na Sy huis
waar jy feestelike toegang sal kry
en in Christus se koninkryk sal bly. (II Pet 1:10-11)