Geldgierigheid is die wortel van kwaad
Die najaag van geld is ‘n ellendige daad. (I Tim 6:10)
Tevredenheid is ‘n lewenskuns:
Dan word godsdiens die wins! (I Tim 6:6)
As jy vrygewig uitdeel en gee,
bring dit skatte in die hemel mee.
Wees ryk in goeie dade en gee vry:
Dis ‘n belegging om die lewe te kry. (I Tim 6:18,19)