Jeremia se roeping (Jer 1).
Ek het jou geken lank tevore:
Jy was nog nie eens gebore!
Toe reeds het Ek jou aan My gewy
om as profeet op te tree vir My.
“Ag, Here my God ek is nog te jonk,
en verder kan ek nie goed praat.”
Ek gee jou die woorde en vonk
Die volk sal baie daardeur baat.
Jy moet gaan waar ek jou stuur,
al moet jy pyn en lyding verduur.
As jy My by jou het
al ek jou altyd red. (Jer 1:5-8)
Jeremia in Josia se tyd (II Kron 34, Jer 2).
Josia was ‘n skamele ag,
toe kry hy koninklike gesag.
Hy nie links of regs gewyk,
van hoe God se wil gelyk. (II Kron 34:1-3)
Hy het Jerusalem godsdienstig gesuiwer.
Gegote beelde vernietig sonder huiwer. (II Kron 34:19-25)
Terwyl hulle die tempel herstel,
het die staatsekretaris kom vertel.
Hy het die wetboek voor kom lees
en die koning het God gevrees,
want Sy toorn word uitgestort –
‘n vlam wat nie geblus kan word.
Waarin het Ek dan gefaal
dat jul vaders afgode betaal?
Maar jy het berou getoon –
daarvoor sal ek jou beloon. (Jer 2:5)
Hulle het toe ‘n verbond gesluit
en op God as hul God besluit.
Hier het hulle saam beloof
om Hom met hart en siel te loof.
Jeremia se oproep tot die volk in koning Jojakim se tyd (Jer 7).
Julle moet nie vertrou
op wat hierdie leuen hou:
Dit is die Here se tempel,
dit is die Here se tempel,
dit is die Here se tempel!
God is heilig,
ons is veilig!
Maak liewers julle lewe en julle dade reg,
anders vat ek julle uit hierdie land uit weg! (Jer 7:1-5)
Jeremia spreek oordeel uit oor Juda se laaste herders (Jer 23, II Kron 36).
Ellende gaan Ek jul verskaf
Ja, Ek gaan die herders straf.
In plaas van liefdevol draag,
is My skape uitmekaar gejaag. (Jer 23:1-2)
Jojagin regeer nie eers ‘n jaar.
toe kom haal die vyand hom daar.
Sedekia kom toe in sy plek,
straf se tafel is reeds gedek… (II Kron 36:9-10).
Maar ek sal self my kudde genees,
hul sal hier weer vrugbaar wees.
Ek staan self daarvoor borg,
dat die nuwe herders sal versorg. (Jer 23:1-6)
Die Here sê daar kom ‘n tyd
vir Dawid se regverdige spruit:
‘n koning wat verstandig sal regeer.
Ja, een wat My naam sal eer.
Jesus het dit kom vervul,
Sy skape in liefde gehul.
Hy is die Herder wat jou ken,
daarom kan jy nou net wen.
Hy lê Sy lewe vir sy skape af.
Ja, ook vir jou dra Hy die straf! (Joh 10:14-15)
Jeremia in Sedekia se tyd
Die Here het vir Jeremia gesê:
“Maak ‘n juk wat op jou nek moet lê.”
Dis wat die volk hieruit moet leer:
“Dis jul lot as julle jul nie bekeer!” (Jer 27:3)
Die vals profete sê: julle moenie Babel se koning dien
Dit gaan lei to ballingskap en sterftes – julle sal sien!
Genanja het wel hierdie hout juk gebreek
Maar met yster juk sal ek julle sonde wreek! (Jer 28:13)
Jeremia het sy dood geprofeteer
en dit het presies net so gebeur!
maar die volk wou steeds nie leer… (II Kron 36:12)
Sedekia se dade was sleg – hy wou nie leer,
wat reg is in die oë van die Heer.
Jeremia se woorde kon hom nie bekeer.
Sedekia se seuns is voor sy oë geslag.
Sy oë is uitgesteek terwyl hulle lag. (II Kon 25:7)
Jeremia se profesie is presies so vervul:
Die swaar jukke het hul van pyn laat brul…(Klaagl 1:14)
Die val van Jerusalem (II Kon 25; II Kron 36; Jer 39 en 52).
Jongman, grysaard, selfs invalide nie ontsien,
ja, tot in die heiligdom het hul die dood gesien.
Die heilige voorwerpe is saam na die vreemde land.
Die tempel van die Here is heeltemal afgebrand.
Vreeslik baie is wreed vermoor:
Net Vierduisend seshonderd vir ballingskap oor (Jer 52:30).
Jeremia se profesie het verklaar:
In ballingskap vir sewentig jaar.
