Kores laat die volk terugkeer (II Kron 36:21-23, Esra 1:1-3).
Jeremia se profesie is vervul:
Die land is in sabbatsrus gehul.
Alles kon rus vir sewentig jaar,
tot koning Kores se regeringsjaar.
Die Here het Kores laat proklameer:
God het my oor al die nasies laat regeer.
Hy het my beveel om ‘n tempel te bou.
Sy volk kan teruggaan en op Hom vertrou.
Die volk herbou die tempel (Esra 3-4, Hag 1-2)
Saam met die fondamente was daar ‘n gejuig:
Dit het van God se getrouheid getuig.
Die nie-Israeliete het probeer keer
en die bouwerk met omkopery versteur.
Die volk het hul eie huise begin bou,
in plaas van eerste op God te vertrou.
Neem ter harte wat met jul gebeur:
Julle het ‘n groot oes verwag,
maar kry ‘n misoes elke slag.
Kry hout en bou My huis tot my eer!
Skep moed, skep moed:
Begin werk met spoed.
Ek staan julle by.
Die werk is vir My.
Waarom is julle bang, so benoud?
Aan My behoort al die silwer en goud.
As ek My mag aan die nasies wys
Bring hulle hulle skatte na My huis!
God gee opdragte deur heidense konings
Koning Kores van Persië het die uitspraak gegee:
Die Here die God van die hemel, aarde en see
het al die koninkryke van die aarde aan my gegee.
Sy volk mag terugkeer, en vat tempelskatte mee.
Mense daar moet gee: silwer, goud en vee.
Vat dit alles en gaan bou julle tempel daarmee. (Esra 1:1-4)
In koning Darius se proklomasie het gestaan:
Laat die werk aan die tempel ongehinderd voortgaan
Laat hulle die tempel bou waar hy moet staan
Dra vir hulle koring, sout, wyn en olie aan
Doen dit elke dag, sonder om een oor te slaan
Miskien sien hulle God ons genadig aan. (Esra 6:7-10)
In Koning Atastarta se opdrag het gestaan
dat die wetsgeleerde Ester na Jerusalem moet gaan.
Esra het hom toegewy aan die wet van die Heer
en wou dit in praktyk toepas en die volk dit leer.
Esra, jy moet regeerders en regsters gaan aanstel
en die wet van God as maatstaf daar gaan instel. (Esra 7-10,23-27)
Nehemia
Vreeslik die boodskap uit elke oord.
Verskrikte boodskappers bring die woord:
Die vyand in oormag kom van Noord –
Vernietig is elke stad en oord!
Laat ons wagte in die verte tuur
O, so naby jou oordeelsuur…
Ek skuil agter die beskermingsmuur
Is dit wel bestand teen die vuur?
EK het gedink mure sal my beskerm.
Luister net na die gehuil en gekerm.
Oral is pyn en uitpeul derm –
Hul het hul nie eers oor kinders ontferm!
Als verlooe – net my lewe behou…
In die verte in ‘n vreemde gebou
Kom ek tot inkeer en opregte berou:
Ek het op verkeerde dinge vertrou!
U moes my tot in my wese skud
Sodat ek weer opreg kan bid.
Juis in die middel van so gebed,
Het U my siel van die bose gered.
Ek maak die koning se glase blink,
Terwyl ek herbou planne bedink.
Vir hom sal ek ‘n glasie skink,
Dat hy die goedkeuring beklink.
En ten midde van al die gevaar
Kon ek uiteindelik wel bedaar
En stadig maar seker als aanvaar,
Want ek weet die fondament is klaar.
Elkeen moet sy deel nou bou
En daarmee saam op God vertrou.
In een hand my wapen hou
En weet God bly altyd getrou.
Net Hy het ons die krag verleen
En so bou ons steen op steen.
In die hoek groot en alleen –
Die hoeksteen is God se Seun.
Na die nuwe mure kyk ons trots:
Dis genou op Hom die rots.
Hier is ons nou werklik veilig
Want hierdie stad is geheilig.
Deur vandag baie Bybel te lees
Sal jy ook soos Nehemia kan wees:
Afhanklik, biddend, bouend, bedees
Ja, vol van die Heilige Gees!
As die slegte boodskap dan weer kom
Staan elke mond net verstom
Want al val al die mure om
Ons vertrou nou net op Hom!
Die koningin in die skaakspel
‘n Goddelike skaakspel is begin…
Vasti wou nie die koning bekoor.
Die koning word toe baie kwaad
en vra sy amptenare se raad.
So het sy haar status verloor
en Ester word toe die koningin.
Paleisbeamptes wou die koning vermoor.
Mordegai het by die poort daarvan gehoor.
Deur Ester is die koning daarvan vertel.
“Skryf dit in die annale” was sy bevel.
Haman: “Die koning het my vereer
so, buig jul almal voor my neer!”
Mordegai het nie gebuig voor die bevel.
Die dienaars het vir Haman gaan vertel.
Haman het toe agteraf geknoei
om die Joodse volk uit te roei.
Op die twaalfde maand val die lot
vir uitwissing deur die koning se gebod.
Mordegai het sy kleure geskeur
en in die stad geloop en treur.
“Miskien het jy juis dié posisie gekry
om so die volk van uitwissing te bevry!”
Ester het haar voorberei
om ‘n spreekbeurt by die koning te kry.
Sy het ‘n maaltyd gevra,
om daar haar boodskap oor te dra.
Haman, jou optrede laat my walg.
Hang hom aan sy eie galg!
Mordegai, jy gaan nou regeer
net mý posisie is nog meer.
Die wet van Mede en Perse is vas,
maak nou eerder ‘n nuwe wet.
“Verdedig julle self” is toe gelas.
So is die volk van uitwissing gered.
Hierdie geskiedenis wil jou leer:
Satan kan met skuiwe tyd verdryf
en skaakstukke val soms neer…
Maar skaakmat bly God’s laaste skuif!


Leave a Reply