Ek wil vanoggend vanuit Galasiërs my versug
vir U werkers se stryd tussen sonde en vrug.
Ek bid dat U ons deur die Gees beheer,
sodat ons nie sal swig voor wat ons begeer,
want wat die sondige natuur begeer
is in stryd met wat die Gees ons leer. (Gal 5:17)
Ek bid dan in in besonder in hierdie uur
bewaar ons van die praktyke van die sondige natuur:
Onsedelikheid,
onreinheid
en losbandigheid.
Afgodsdiens, towery,
vyandskap en haat daarby.
Naywer, woede en ‘n gestry.
Verdeeldheid en skeuring,
uitspattige spandering,
afguns, dronkenskap, en dergelike ding. (Gal 5:19-21a)
Want Here, wie hom aan sulke dinge skuldig maak,
sal die koninkryk van U, o God, versaak. (Gal 5:21b)
Daarteenoor
bid ek dat ons sal hoor:
Die vrug van die Gees
is liefde, vreugde, vrede,
geduld en vriendelikheid sonder rede.
Goedhartigheid,
getrouheid,
nederigheid,
en om jouself te beheers. (Gal 5:22-23)
Ja, Here, laat ons wat aan U behoort, ons lewe wysig,
ons sondige natuur met al ons hartstogte en begeertes is gekruisig.
Laat ons lewe deur die Gees;
Laat ons gedrag deur Hom bepaal wees. (Gal 5:24)
Amen