Gebed vir Topia

O Almagtige God en hemelse Vader,
dankie dat ons tot U kon nader
en saam in gebed kon vergader.

Dankie vir die afgelope week se taak
om in Potchefstroom dissipels te maak.
Vul die kursusgangers met U Gees
sodat hulle diensbaar vir U kan wees.

Wees met Johannes wat nou Zambiƫ toe gaan.
Bewaar ook in diƩ tyd die kinders en Lizanne.
Laat Covenant College U teenwoordigheid smaak
as U, deur U dissipel, aan hulle harte raak.

Ons bid vir die tekorte in ondersteunende kerke.
Skenk U vir hierdie bediening arendsvlerke.
U wat die onmoontlike moontlik maak
ons vertrou op U vir Topia se saak.