Wees my genadig, o God, in u troue goedhartigheid,
wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid!
Was my skoon van my vreeslike skuld,
reinig my van my sonde, uit U geduld! (Ps 51:3-4)
Ja, my oortredings is diepe kennis
en van my sonde bly ek altyd bewus.
Teen U alleen het ek gesondig in onvermoë,
ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. (Ps 51:5-6)
U uitspraak is dus heeltmal reg
u oordeel regverdig: Ek is sleg!
Ek was al skuldig toe ek gebore is,
al van die swangerskap dat ek verlore is. (PS 51:6-7)
Maar U verwag opregtheid en smart
diep in ‘n mens se gebroke hart:
Laat ek dan diep in my binneste bewe
met die wete hoe U wil dat ek moet lewe. (Ps 51:8)
Neem tog my sonde weg en maak my rein,
was my dat ek witter as sneeu kan skyn.
Laat my weer blydskap en vreugde belewe.
U het my verbrysel; laat my weer jubelend na U strewe. (Ps 51:9-10)
Moet tog nie ag slaan op my sonde,
wis al my skuld uit, genees my wonde!
Skep vir my ‘n rein hart, o God wat bestaan,
vernuwe my gees en maak dat ek vas kan staan. (Ps 51:11-12)
Moet my tog nie van U af laat vervreem
en u Heilige Gees van my af wegneem!
Laat my weer die blydskap ervaar
van iemand wat deur U verlos is en bewaar. (ps 51:13-14)
Laat my U weer met toewyding dien,
dan sal ek oortreders van U leer
sodat, wat U verwag, hulle sal sien
en sondaars hulle tot U bekeer (Ps 51:14-15)
O God, my Redder, red my uit my smaad,
dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad.
Here, gee my die woorde
om U te loof met akkoorde. (Ps 51:16-17)
‘n Offer is nie wat U van my vra,
‘n brandoffer wil U nie hê.
Verootmoediging is wat U wil hê
om met ‘n hart vol ootmoed vergifnis te vra. (Ps 51:18-19)