Gebed: Ps 1:1-2

O God, ek bid vandag uit Psalm een
vir mede gelowiges, ja vir U dogter en seun:

Vir hulle is my hart se wens,
om die geluk te vind as mens,
wat nie saam met die raad van goddelose gaan
en nie op die pad van die sondaars staan.
Ek wil veral vanoggend vir hullle bid,
dat hulle nie in die spotterskring sal sit.

Ja, Here ek bid vir die gelowige, U kind,
dat hulle vreugde in U wet sal vind.
Maak hulle so vol dat as hulle gaan lê,
hulle U wet prewelend sal wil opsê.
Ja, Here, gee hulle dag en nag
uit daardie woorde lewenskrag!

Amen


Posted

in

,

by

Tags:

Comments

Leave a Reply