Gebed: Mat 7:24-27

Foto geneem tydens ‘n uitreik na Zimbabwe saam met Topia

Rotsmense

O God, gee vanoggend vir my insig
uit Matteus sewe vers vier en twintig:

Laat my na U Woord luister en dit vertrou.
Ja, soos ‘n verstandige wat sy huis op ‘n rots bou.
As storms en winde oor my huis gaan
laat dit stewig op daardie Rots staan.

O genadige God, gryp in met U hand,
so baie mense bou nog op sand.
Hulle huise gaan inmekaar stort,
en ek weet wat gaan van hulle word…

Die skare was verstom
toe die lering na hulle kom.
Laat ek met daardie lering gaan,
waar U sandbouers wil laat verstaan…

Amen

 

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading