Gebed: Mat 4:4, Deut 8:2-5

O God, sal U my tafel vandag versier
met Matteus vier vers vier:

U het die volk vir veertig jaar
in die woestyn gelei en gespaar.
U het dit gedoen om hulle nederig te maak
en om te toets of hulle gehoorsaam sou raak.

U het hulle honger laat lei
en hulle toe manna laat kry.
‘n Soort brood wat niemand ken
en so het U hulle verstaan gewen:

Van brood allleen kan mens nie leef,
maar van God se uitspraak wat vergeef.
Here, leer my ook dat ek ook van honger om sal kom
as ek nie leef van elke Woord wat uit U mond kom!

Amen.