O God, raak vanoggend ons harte aan
met wat in Lukas vier en twintig staan:
U Seun het self in hierdie deel gesê,
dat Hy die lydingsgebeure uit die Ou Testament uitlê.
U Gees het die wat geluister het se oë oopgemaak
en toe eers sien hulle die opgestane Jesus raak.
Open ook so ons oë en die wat ons leer.
Verander ons harte dat ons U Woord begeer.
Wys ons die vervulling van alles geprofeteer.
Laat ons smag na die Messias, die Christus, ons Heer.
Die wêreld daar buite is vol rou wonde.
U roep ons: Vertel hulle van vergewing van sonde
Vul ons dan nou, deur U Woord, met U Gees
dat ons getuies van hierdie dinge sal wees.
Amen
Leave a Reply