Gebed: Joh 14:6, 16:3, 14:16-17, 14:26

Jesus Christus, U wat ons toegang tot die Vader gewe,
U is die weg en die waarheid en die lewe!
Ek bid vanoggend vir ons wat ander oplei,
maar ook vir hulle wat die opleiding kry:

Laat U Gees ons in die waarheid lei:
Maak ons die toekomstige dinge bekend.
Laat ons, ons harte daarop wend,
sodat U al die lof en heerlikheid kry.

Dankie vir die koms van die Parakleet,
soos die Heilige Gees in Grieks heet.
Hy is ons Helper ons Voorspraak,
Pleitbesorger en Trooster wat ons harte raak.

Ag Here, die wêreld wat na sonde verlang,
kry hierdie Gees van waarheid nie ontvang.
U wat by ons bly en in ons woon,
gee tog hulle bekering vir ons as loon.

Onderrig ons nou deur U Gees,
dat ons lering net die waarheid sal wees.
Herinner ons aan al U woorde,
sodat dit gehoor kan word in alle oorde!

Vertaal my gebed o Gees,
dat dit God welbehaaglik sal wees.
Ons, U dienaars, bid hier saam
in Jesus Christus se Naam.

Amen.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading