O God ek bid uit twee Timoteus drie vers sewentien
ek bid dit vir my, maar ook vir die mense wat ek bedien:
Die hele Skrif is deur U geïnspireer:
Dit het groot waarde om ons te onderrig en leer,
om die bose se dwaling te bestry,
om al die verkeerdhede te vermy,
om ‘n regte lewenswyse te verstaan,
waarin ek, as man in God se diens, moet staan.
U het ons daardeur volkome toegerus en voorberei,
help ons nou om in goeie werke staande te bly.
Amen.