O God, in hierdie vroeë oggenduur
bid ek uit Hebreërs een vers vier:
In die ou tyd het U op op baie maniere en baie keer
met ons deur die profete gekommunikeer
Maar in hierdie eindtyd het U ons guns verleen
en praat nou met ons deur U Seun.
O God, soveel mense gaan die ewige lewe mis!
Laat hulle aaseblief tog weer sien wie U Seun is:
Deur Hom is die hele wêreld gemaak.
U het Hom erfgenaam van alles laat raak.
U laat U heerlikheid uit Hom straal
maar tog het Hy vir ons sonde betaal!
Sal U vandag deur U Gees met hulle praat
en nie een van hulle onveranderd laat?
Amen.
Leave a Reply