Gebed: 2 Petrus 1:20-21

Here, hier uit Twee Petrus een,
bid ek vir my, maar ook elkeen
in my kerk,
en by my werk,
Ook vir die wat ek bedien
en vir hulle wat U nog nie sien.

Laat die môrester in ons harte opgaan
help ons om die Woord te verstaan,
want geen profesie berus op eie uitleg.
Ja, op ons eie verstaan ons so sleg.

Ons weet geen profesie is deur ‘n mens voortgebring,
maar die Heilige Gees het hulle meegevoer en gedring,
sodat die woorde wat ons nou kan lees
net woorde van U af kon wees.

Amen.


Posted

in

,

by

Tags:

Comments

Leave a Reply