Dis die Gees wat die gawes gee. (I Kor 12:4,11)
Die Here gee opdragte daarmee. (I Kor 12:5)
God bring die kragtige werkinge in stand. (I Kor 12:6)
Dis tot voordeel vir almal in die land. (I Kor 12:6)
Ons is almal een liggaam,
so werk al die gawes saam. (I Kor 12:14, 27)
As een van die lede ly,
is die ander nie daaroor bly. (I Kor 12:26)
Is almal ‘n leraar of profeet? (I Kor 12:29)
Nee, oor jou gawes moet jy weet:
Hierdie gawes is nie vir jou,
streef daarmee om ander te bou! (I Kor 14:12)
Leave a Reply