Ek sien hom in die gang afloop
om ‘n bottel Gaviscon te koop.
Daar is ‘n ander kuur
vir die borrelende suur…
Dit is opvallend die laaste ruk
hoeveel mense is verstrik.
Ek sien dit weer en weer:
Baie mense is gefrustreer.
Daar is groeiende woede
in die massas se armoede.
Hulle emosie groei saam
om die verlede te blaam.
Susan kon nie leer
nou is sy net ‘n klerk
en doen frustrerende werk –
sy kon soveel meer…
Thabisa is in ‘n pos wat hy nie kan hanteer:
Regstellend ingesit al het hy nie kwalifiseer…
Sy moed wil hom begeef
want alles rondom hom loop skeef.
Verlief was hulle in die eg verbind,
maar hulle kon mekaar nie vind.
Hulle het te veel baklei
en is toe maar geskei.
Klara voel so vasgevang.
Vir alleen wees is sy bang…
Sy sal in die verhouding bly
al moet sy van binne ly.
Gerhard is glad nie gesond:
Die kanker maak ‘n lelike wond.
Hy lê daar terminaal
in die kille hospitaal.
Jako het alles wat sy hart begeer
Die geld word net meer en meer.
Meer bates as wat hy kan hanteer,
maar sy ouers se liefde makeer…
Karel voel so goor,
hy het sy werk verloor.
Hy kon nie die rekeninge betaal:
Nou het hulle sy goed kom haal!
Die een is te rond.
Die ander is nie gesond.
Nog een probeer ophou rook
en ‘n ander moet die boeke kook.
Dwelms.
Skelms.
Jaloesie.
Pornografie.
Dis so ‘n rou maagseer.
Rennies help net nie meer.
Dis hoekom hy loop
om Gaviscon te koop…
In hierdie moedelose uur
wil Ek ‘n boodskap stuur.
Daar is ‘n ander kuur
vir die borrelende suur:
Hou op om ander te verwyt
Gee jouself daaglikse stiltetyd.
Hoe meer jy My Woord lees,
hoe meer werk My Gees.
Jetro het Moses geleer
hoe om werk te delegeer.
Hy moes anders prioritiseer
sodat hy kon fokus op wat Ek leer.
Gideon moes manne minder maak
want die geveg was net My taak.
Al voel jy glad nie sterk
onder jou is My arendsvlerk.
Hoe meer jy lees sal jy verstaan
of Ek jou roep op ‘n ander baan
en of jymaar net daar moet bly
en nog verder hierdie stryd stry.
Sara moes negentig jaar wag
voor sy haar seun verwag…
Jy moet begin om te vertrou
dat Ek my beloftes sal hou.
Paulus was nie meer jonk
en het swaargekry in die tronk.
Juis toe het Ek hom van binne gedryf
om vir die Fillipense ‘n brief te skryf.
Daar in My Woord sal jy kry
Fillipense vier se “Wees bly!”
Daar lees jy van ware gebed
en wat se krag dit het!
Lees die hele hoofstuk deur.
Ja, lees dit weer en weer…
Jy sal dan die vrede verstaan
wat alle verstand te bowe gaan!
Jy wat so op jou eie stry,
jy kan die blye boodskap kry.
My Seun het vir jou gely…
Jy is reeds van alles bevry!
In Handelinge kan jy lees
van die uitstorting van die Gees.
Dis hoe Ek nou by jou kan wees
as jy maar net bietjie meer wil lees…
En as My wil is dat jy die pyn moet verduur,
My Woord verkondig: Daar kom ‘n uur!
Voor jou moed jou sal begeef,
kom haal Ek jou om by My te leef!
As jy dit begin verstaan,
begin dinge anders gaan.
Al het jy min, begin jy gee.
Al voel jy druk, sê jy nee.
Jy doen moeite om te luister
as jou geliefdes vir jou fluister.
Jy sien raak wie is broos
want jy wil hulle troos.
Vir die wat nie genoeg kan drink,
wil jy My lewende Water skink.
Vir die wat van honger kwyn
bring jy die Brood te voorskyn.
So jy wat in die gang afloop
om ‘n bottel Gaviscon te koop.
Daar is ‘n ander kuur
vir die borrelende suur…
Leave a Reply