Paulus se eerste argument (Gal 1,2).
Hierdie evangelie is regtig waar,
want God het dit aan my verklaar. (Gal 1:11,12)
Ek het die apostels ontmoet na veertien jaar
en toe gesien dat ons die evangelie dieselfde verklaar! (Gal 2:1,2)
Jy word nie van sonde vrygespreek deur die wet te onderhou
maar alleen deur in Jesus Christus te glo en vertrou. (Gal 2:15)
Paulus se tweede argument (Gal 3).
Hierdie evangelie wil nie ou dinge omkeer.
Dis reeds so in die Ou Testament geleer.
Dit staan reeds in Genesis so:
Abraham is vrygespreek omdat hy glo. (Gal 3:8,9)
God het eers in die verbond getree
en vierhonderd jaar later die wet gegee. (Gal 3:17).
Wat ons daarin moet sien
is dat ons niks met wetsonderhouding verdien.
God het Sy Seun gestuur op sy tyd
om ons los te koop van slawerny se stryd.
Ons is as kinders van God aangeneem
en so van al ons sonde vervreem! (Gal 4:4-7)
Paulus se derde argument (Gal 5).
Christus het ons vry gemaak
om werklik vry te wees.
Moenie weer ‘n slaaf raak
van wette wat jul lees. (Gal 5:1).
Deur die werking van die Gees
sal jy verstaan wat jy lees.
Jy word vrygespreek deur te glo.
Plaas jou hoop en verwagting daar bo. (Gal 5:5)
Die wet het net een gebod as jy dieper delf:
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself!
Moenie mekaar byt en verskeur,
laat jou lewe deur die Gees beheer.
Wat jou sondige natuur begeer,
is in stryd met wat die Gees jou leer. (Gal 5:14-17).
Die vrug van die Gees
is liefde, vreugde, vrede,
geduld en vriendelikheid sonder rede.
Goedhartigheid,
getrouheid,
nederigheid,
en om jouself te beheers. (Gal 5:22-23)
Leave a Reply