Erediens tot God se eer (Mal 1:6-2:10)

God: “Julle gee My nie die eer.”
Volk: “Hoe minag ons U Heer?”
Die Here die Almatige praat:
“Blinde, siek lam by die offerdaad.”

Volk: “Sluit die deure van die kerk,
dis heeltemal te veel werk!”
Die Here die Almatige praat:
“Ander nasies eer my met hul daad.”

“Priesters moet My naam eer.”
Sê die almagtige Heer.
“Ek het ‘n verbond met jou gesluit,
maar tog buit jy My net uit!”


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply