Uit die donker kom ‘n gesug….
En tog is U die Lig?
Lippe barstend hard gekors…
En tog les U alle dors?
Uitgeteer in ‘n hongerdood…
En tog is U lewende brood?
Rykes gryp net meer en meer…
En tog besit U alles, Heer?
Manipuleer, verkleineer, o die seer…
En tog lê U, U lewe neer?
Gesinne in stukke van een wat drink…
En tog loop U op water sonder om te sink?
Wettelose diefstal onverdien
En tog kan U alles sien?
In ouderdom alleen met oë wat soekend staar
En tog is U altyd daar?
Here hoe kan dit wees
as ek dit alles van U lees?
Jý weet dan Ek is die lig –
Vra jý hom hoekom hy sug?
Jý het van my lewende water gedrink –
Dis jý wat vir hom daarvan moet skink!
As joú hele dag ook net oor jou werk gaan –
Hoe gaan die ryke die waarheid verstaan?
Soekendes maak ander so seer –
Joú sagte raad kon dit keer?
As jý dan weet Ek kan verlawing genees
Hoekom was jý nog nie daar gewees?
As jý weet dis gesteel
Help dit as jý daarin deel?
Jý weet dan sy is so allwen
Hoekom gaan jý nie daarheen?
Here, sal U my vergeef?
Ek het net vir myself geleef.
Jou eie kliphart lewe weer:
Nou moet jou dade My vereer:
Die nood daarbuite is groot:
Gaan vandag nog met die Brood
Hou op om tyd te mors:
Gaan en les die dors!
Hou op om heeldag net te werk:
Daar is selfs verlorenes in jou eie kerk
Gaan na hulle wat jy dink dit nie verdien:
Dis juis hulle wat Ek wil laat sien!
Gaan vertel vir hulle wat nie hoor:
Vir hulle wag daar ‘n engelekoor
Ek plaas hulle juis op jou pad:
Gaan wys vir hulle die Skat!
O God, ek kom na U in gebed,
want ek weet nie of ek die gawes het…
Ek sal jou lei deur My Gees
oor watter Woorde jy moet lees.
Ek laat jou na ontvanklike mense gaan
en Ek laat hulle jou gebroke woorde verstaan.
Jy moet net biddend afhanklik wees,
dan praat, deur jou, My Gees!
Leave a Reply