Ek is: Die Wingerdstok

Ek is die ware Wingerdstok
My woorde mag jou dalk skok:
Ja, slegte lote gooi ek weg…
Die wat vrug dra, snoei ek reg! (Joh 15:1-2)

Sonder om in my te bly
sal jy nie vrugte daar kan kry.
Ek is die stok, jy die loot –
sonder my gaan jy dood! (Joh 15:4-6)

As julle in My bly
en Ek my woorde in julle kry,
vra dan net wat julle wil hê,
en Ek sal dit julle nie ontsê,
want so word julle, My dissipels, se vrugte meer
en juis daardeur kry my Vader die eer.

Die vrug wat ek soek,
is die liefde in my Boek.
Julle moet in My liefde bly
om mekaar nog meer lief te kry. (Joh 15:9)

As julle my opdragte uitvoer,
sal julle in my liefde bly,
net soos Ek die opdragte doen van die Boer
net so is Sy liefde in My! (Joh 15:10)

Ek sê dit vir joú wat hier lees
sodat My blydskap in jou kan wees
en jou blydskap volkome kan word
en jy My liefde na ander uit kan stort (Joh 15:11-12)

Uit die wingerdvrug kom wyn.
Nagmaal herinner jou van Sy pyn.
Niemand kan groter liefde hê
as om Sy lewe vir jou af te lê! (Joh 15:13)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading