Ek is: Die opstanding en die lewe

Maria: “Here, Lasarus is siek – kom geneesheer!”
Jesus: “Hy sal nie sterf, maar dit wys Sy krag
en openbaar God se wonderbaarlike mag,
sodat almal die Seun van God kan eer. (Joh 11:3-4)

Sy dood kom van bo,
sodat jule in My kan glo. (Joh 11:14-15)

Marta: “As U hier was, het my broer nie gegaan.
Maar selfs nou sal ek weet en bely
Dit wat U vra, sal U van God kry.”
Jesus: “Jou broer sal uit die dood opstaan!” (Joh 11:21-23)

Ek is die lewe en die opstaan.
Dit moet jy glo en verstaan:
Al het jy gesterf, sal jy bly leef,
want jou sondes is vergeef! (Joh 11:25-26)

“Ja, Here,” sê sy vir Hom,
“ek glo U is God se Seun
die Christus, ja dié Een
wat na die wêreld moes kom.” (Joh 11:27)

Vader, dankie dat U My verhoor het in die uur
nou kan hierdie mense glo U het my gestuur.
“Lasarus, kom uit!”, ‘n kort sin,
maar daarmee het hy dood oorwin! (Joh 11:40-43)