Fillipus het gevra: “Waar kan ons brood kry dat die mense kan eet?”
Jesus het van hul dieper behoefte geweet… (Joh 6:5)
Jesus het gesê: “Laat die mense sit.”
Hy het die brood geneem en gebid.
Vyf brode en twee visse is verdeel
en vir vyf duisend was dit te veel. (Joh 6:10-13)
Julle moet nie werk vir voedsel wat vergaan
fokus eerder op wat vir ewig bestaan! (Joh 6:27)
Ek is die Brood wat lewe gee.
Vul jou behoeftes daarmee!
Wie na My toe kom sal nooit weer honger kry.
Wie in My glo, se dors sal vir altyd wegbly. (Joh 6:33-36)
As iemand dors het, laat hom skink
Ja, kom na My toe en kom drink!
As jy in My glo, sal die Gees
soos stromende water in jou wees! (Vgl. Jes. 58:11, Joh 7:37-39)