Hoe kon dit op dag een lig raak
as God die son eers op dag vier maak? (Gen 1)
“Here, wie se sonde maak die man blind?
Is dit sy ouers sin of hy as kind?”
Jesus: “Nee, hy het dit nie verdien,
maar My werke sal jul in hom sien! (Joh 9:1-3)
“Ek is die lig!
Wie my volg sal nie in duisternis leef,
maar sal lig hê wat lewe geef.”
Jesus maak toe spoeg van grond
en so maak hy die man se oë gesond.
Herstel sy sig! (Joh 8:12, Joh 9:5-7)
Jesus: “Glo jy in die Seun van die mens?”
Die man: “Ek glo, Here! Gebed is my wens.” (Joh 9:35-38)
Die blinde man is deur Jesus genees.
Die siende Fariseërs was blind gewees! (Joh 9:39-41)
Hoe kon dit op dag een lig raak
as God die son eers op dag vier maak? (Gen 1)?
Jesus is die lig, daarom sal jy verstaan:
Die hemelse stad benodig nie son en maan. (Op 21:23).
En jy, my liewe kind,
is jy ook siende blind?
Hoor die berig:
“Ek is die lig!”