My beste jare is verby,
toe was God nog by my.
Ek het oral voorspoed geniet,
dikmelk en olie is op my uitgegiet. (Job 29:1-6)
Daardie tyd het ek na die stadspoort gegaan
en jongmanne het in respek opsy gestaan.
Ou manne het eerbiedig opgestaan,
die vernames se stilte het eer beaam. (Job 29:7-10)
Ek het roepende armes gered,
weeskinders gehelp met ‘n bed,
bedreigdes bevry uit hul saak,
weduwees se harte bly gemaak. (Job 2911-13)
Vir die blinde was ek ‘n oog,
vir die arme soos ‘n voog,
voete vir die kreupele se seer,
onbekendes se regsaak hanteer. (Job 29:14-17)
Die wat honger en uitgeteer in gate bly,
spoeg my nou in die gesig en lag vir my. (Job 30:1-10)
God het my weerloos gemaak, afgemaai –
My aansien en hoop soos wind weggewaai. (Job 30:11-18)
Biddend roep ek na U,
maar U antwoord my nie.
U val my aan met U mag,
ruk my met die wind se krag. (Job 39:19-22)
Ek het soveel meegevoel betoon,
hoekom word ek nou só beloon?
Bewende fluitspel hier –
‘n treurlied op die lier. (Job 30:23-31)
Ek het my verbind om nie ’n meisie te begeer,
dis ‘n vuur wat al jou besittings verteer… (Job 31:1-12)
Ek het reg gedoen aan my werkers in hul taak,
want God het ons almal gevorm en gemaak.
Van my jeug af was ek die weeskind se pa,
hoekom het God dan die ramp gestuur, bly ek vra? (Job 31:13-23)
Ek het nie gedink goud sal my sekerheid gee,
ek het ook nie gedink rykdom bring vreugde mee.
Ek het my nie verheug oor my vyand se lot,
ek was verbind aan God se liefdesgebod. (Job 31:24-32)
Ek kan rekenskap gee van elke tree.
Nou moet die Almagtige my antwoorde gee… (Job 31:33-40)
Gaan dit met jou ook swaar
omstandighede onverklaar…
Bly soos Job biddend stoei,
want Jesus het vir joú gebloei.
God het later Sy almag aan Job betoon
en jy kry saam moet hom ewigheidsloon.
Deur Sy Woord is die einde in sig:
Hou jou oë op Hom daar gerig.