Vergewe my dat ek stry
om my sonde te bely.
Gee my die insig
om te lewe in U lig.
As mens is ek stukkend
onder sondelas gebukkend:
Ek het op my geld en goed vertrou,
en so die eerste gebod nie gehou. (Eks 20:3)
Omdat ek nie in vertroue tot U nader,
verwerp ek so My hemelse Vader… (I Joh 2:23, II Joh 1:9)
Ek wil my hoogmoedige godsdiens bely:
Dit is net so erg as die bedrog van afgodery. (I Sam 15:23)
Help my dat my godsdiens sal wees:
Ware aanbidding deur die Vader en Gees. (Joh 4:23-24).
As mense U Naam so misbruik
staan ek stil daarna en kyk. (Lev 5:1, Spr 29:24).
Vergewe my, O God
oortreding van die derde gebod.
U het alles in ses dae gemaak
en op die sewende dag gerus, (Gen 2:2)
maar ek het die rusdag versaak
net nog ‘n dag vir my eie taak.
U het gesagsdraers oor my gestel,
maar ek is besig om hulle te skel.
Help my asseblief om te leer
om my vooroordeel te keer.
Selfs wraakgedagtes, sê U Woord,
maak my skuldig aan moord.
My medemens moes beledigings verduur,
Ek gaan verantwoording moet doen in die vuur… (Mat 2:22)
Wat my sondige natuur begeer,
is anders as wat die Gees wil leer. (Gal 5:17)
‘n Tempel van die Gees – mý ligaam? (I Kor 6:18-20).
Ag Here, hierdie sonde maak my skaam!
Ek is al weer besig om van U te steel,
want ek is glad nie lus om te deel. (Ef 4:28)
Here God, ek bely dat U weet
hoe ek soms die skaal laat meet… (Spr 11:1)
Here my tong het soos ‘n vuur verteer
toe ek my woorde nie kon keer. (Jak 3:6)
Maak met al my valsheid klaar,
sodat mense die Waarheid gewaar. (Ef 4:22-25).
Ek bly ander mense se dinge begeer,
en kan my net nie meer keer:
Ek begin dan allerlei planne maak,
sodat dit later myne raak… (Jer 17:11, Spr 6:2, Deut 7:25, Miga 2:1-5)
Ek kort wysheid om die beproewings te hanteer.
Sal U, o God, my vandag nog leer
om volhardend end-uit aan te gaan
sodat my geloof die toets deurstaan. (Jak 5:1-5)
As mens is ek stukkend
onder sondelas gebukkend.
Kennis van U, die ware God, bring mee
dat ek hierdie sonde vir U seun kan gee.
(Joh 17:3)
U het my van sonde bevry,
daarom vul dankbaarheid my.
Nou kan ek net bely:
Ek het die ewige lewe gekry!