Efese – eerste liefde verlaat.

Christus word bekend gestel,
Met sewe sterre in Sy regterhand,
hou hy die lampe aan die brand.
Al verkondig baie ‘n valse leer
maak Christus sy kerk net meer.

Iets meer word van stad vertel.
Dié stad koop en maak goed.
Hawestad – ryk in voorspoed.
Tempel van Artemis uit steen.
Onsedelikheid was algemeen.

God sien die druk, die swaar, maar ook wat die lig is daar.
God sien die Nikolaiete se leer.
Bileam se navolgers word meer.
Deelname aan heidense fees
van onsedelikheid die gees.

Hy prys hul vir wat is reg.
Volharding en onvermoeide arbeid.
Werk vir die Here met ywer – voluit,
ja, sonder moeg word en kla.
Kan die sleg mense nie verdra.

Hy wys wat doen hul sleg.
Julle moet dringend hieroor besin:
My nie meer lief soos in die begin!
Tug sonder liefde gaan nie baat.
Jul het jul eerste liefde verlaat.

Hy waarsku of Hy vertroos, die verkeerde en die broos.
As jul nie na die eerste liefde terugkeer
gaan jul die lamp sy staanplek verbeur.

‘n Opdrag gee Hy vir hul
Julle moet jul bekeer!
Soek die liefde weer.

Elkeen wat hierdie hoor,
moet luister met die oor,
wat die boodskap van die Gees
vir elke gemeente sal wees.

en beloftes wat Hy vervul.
Die boom van die lewe is jul spys
wat daar staan in God se paradys!