Dit is My eerste gebod:
Naas My, geen ander God! (Eks 20:3)
As jy op iets anders in my plek vertrou,
het jy hierdie gebod nie gehou!
Al lyk gemaakte gode soms pragtig,
Ek is die Skepper: God almagtig! (I Kron 16:26)
Onsedelikheid en gierigheid is ook ‘n god,
ja, aardgesindes: Die verderf is julle lot. (Ef 5:5, Fil 3:18-19)
As slaaf van nikswerd gode het ek jou gevind.
Jy is nou my ergenaam en kind. (Gal 4:7-9)
Wie nie in vertroue tot My nader,
verwerp ook so My hemelse Vader… (I Joh 2:23, II Joh 1:9)
Kennis van My, die ware God, bring mee (Joh 17:3)
dat jy , in vertroue, jou hele hart vir My gee.
Dan begin jou hande My wil doen,
want jou hele wese is met My versoen. (Deut 6:5; Matt 22:37).