Drie: Heilig My Naam

Ons mag die Naam van die Heer nie misbruik
deur ‘n valse eed of vloektaal te gebruik. (Lev 24:11-16, Lev 19:12)
Jy kan ook Sy Naam onteer
deur onnodig te sweer. (Mat 5:37; Jak 5:12).

As ons stilbly as ander dit kwytraak
is ons net so skuldig aan hierdie saak. (Lev 5:1, Spr 29:24).
Ons moet vrees en eerbied vir Sy Naam wys (Jes 45: 23; Jer 4:2)
deur hom met gebed, woorde en werke te prys (Ps 50:15, 1 Tim 2:8, Kol 3: 16-17, 1 Tim 6: 1).

Hierdie sonde is vir God so groot,
Hy beveel om dit te straf met dood. (Lev 24:11-16)
Maar as jy Godvresend in Sy Naam sweer
is dit wel tot God se eer! (Deut 6:13, Deut 10:20, Jes 48:1, Heb 6:16)