In hoofstuk een het ons geleer
van die evangelie van God se heerlikheid en eer.
In hoofstuk 2 het ons verstaan
dat ons biddend op ons knieë moet gaan.
Om die gemeente daarmee te bedien
moet ons geestelike leiers so sien:
‘n Ouderling
word so besing:
Onberispelik
en tog ook inskiklik
Getrou
veral aan sy vrou.
Vredebewaker
en nie ‘n rusiemaker.
Gasvry
en van geldgierigheid bevry.
Verstandig
en bekwaam om te onderrig
Beskaaf
en nie aan drank verslaaf (I Tim 3:1-3)
Hy moet gesag oor sy kinders hê
voor jy gemeentesorg hom toesê.
Na buite moet hy as goed bekend staan
sodat daar nie praatjies oor hom onstaan. (I Tim 3:4-5)
So iemand is nie onlangs bekeer,
maar het al gegroei in geloof in sy Heer.
Die aanslag op so ouderling is fel –
dis vir hom wat die duiwel strikke stel. (1 Tim 3:6-7)
So ook het die diaken in die gemeente
se goeie karakter geen leemte: (1 Tim 3:8)
Manne wat nie uit twee monde praat
en vroue wat ‘n geskinder agterlaat.
Nêrens ‘n besope dag
en nie oneerlike winsbejag.
Hulle kan hulle gesinne beheer en is aan hul vrou getrou
terwyl hulle aan die waarheid van die geloof vashou.
As niemand beswaar teen hulle kan maak
is hulle geskik vir hierdie besondere taak. (I Tim 3:8-13)
Nou weet jy hoe jy jou in God se gesin moet gedra,
want dis wat die lewende God van sy gemeente vra:
Die gemeente dra en beskerm die waarheid –
dra, met vreugde, die grootheid daarvan uit:
God is geopenbaar in die vlees,
As mens het Hy in die wêreld gekom
en is geregverdig in die Gees
so kan ons geregtigheid bekom.
Aan die engele het Hy verskyn;
heidennasies het van Hom verneem;
die hele wêreld glo nou deur Sy pyn,
want in heerlikheid is Hy opgeneem. (I Tim 3:16, 1953 en 1983)