Dis amper dag

Jy moet jou onderwerp aan owerheisdgesag,
want God stel hulle aan en gee hulle die mag.
Wie dus teen owerhede in opstand kom,
kom in opstand teen verorderings van Hom. (Rom 13:1-5)

Jy moet niemand iets skuld behalwe dat jy hom liefhet,
dis die volle uitvoering van die hele wet:
Jy mag nie egbreek pleeg,
jy mag nie moord oorweeg,
watter gebod ookal, soos jy mag nie steel
word saamgevat: Jy moet jy naasteliefde deel. (Rom 13:8-10)

Hoor jy nie die wekker lui?
Die nag is amper verby!
Jy moet dinge van die duisternis wegneem
en die wapens van die lig opneem: (Rom 13:11-12)

Geen drinkery en uitspattigheid,
geen ontug en onsedelikheid,
geen rusie tussen broers
en wees ook nie jaloers. (Rom 13:13)

Volg Jesus Christus, jou Heer
en nie wat jou hart begeer. (Rom 13:14)


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply