Die wortel van allerlei kwaad

Gelowiges wat as slawe dien
moet hulle eienaars met eerbied bejeën
sodat ander die Christelike leer sien
en nie dit kwaadpraat nie, maar seën. (I Tim 6:1-2)

Iemand wat ‘n ander leer verkondig
en wat met twisvrae en stryery sondig,
is met sieklike beheptheid van die waarheid beroof,
van die gesonde leer om God in alles te loof. (I Tim 6:3-5)

Vir hulle het godsdiens geraak
iets om uit geld te maak.
Tevrede met wat jy het, is die kuns,
want dan is godsdiens ‘n groot wins. (I Tim 6:5-6)

Met niks het ons in die wêreld ingekom,
niks vat ons saam as ons weer omkom.
Kos en klere is heeltemal genoeg,
want kyk wat veroorsaak die geswoeg: (I Tim 6:7-8)
Die wat ryk wil word val weer en weer
in die strik van die sinlose gebegeer.
Party het geld nagejaag en van die geloof afgedwaal
en so hulleself baie ellende op die hals gehaal.
Geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad:
Dis ‘n pad wat jou in die verderf gaan laat. (1 Tim 6:9-10)

Maar jy, man van God, moet hiervan wegvlug.
Keer met opregtheid na toewyding aan God terug.
Geloof en liefde sonder vewyt,
ook volharding en minsaamheid. (I Tim 6:11)

Om nie die in die wedloop van die geloof te faal:
Span jou in om die ewige lewe as prys te behaal.
Daartoe het God jou geroep en gesê:
Jy moet die goeie belydenis voor baie getuies afgelê. (I Tim 6:12)

Voor God, wat aan alle dinge lewe gee,
en voor Jesus Christus deel ek jou mee:
Voer jou opdrag stiptelik en onberispelik uit
tot die wederkoms soos deur God besluit.
Dit sál op die bestemde tyd gebeur,
want kyk net wie is hierdie Heer: (I Tim 6:13-15)

God is die goeie en enigste een wat regeer,
die Koning van konings en van heersers die Heer.
Hy alleen besit onsterflikheid.
Hy woon in lig van ontoeganklikheid.
Geen mens het Hom gesien of besef sy krag.
Aan Hom kom toe eer en ewige mag! (1 Tim 1:15-16)

Waarsku die in hierdie wêreldryk,
om nie in hooghartigheid te pryk
en nie hulle hoop te plaas op wat rykdom bied,
maar op God wat alles ryklik gee wat ons geniet. (1 Tim 16-17)

Spoor hulle aan om ryk te wees in goeie daad
dat ander in hul vrygewigheid sal baat.
So vergader hulle ‘n toekoms skat
wat hulle na die ware lewe toe vat. (I Tim 6:17-19)

Bewaar die Woord aan jou toevertrou:
Van sinlose praatjies moet jy jou weerhou.
Moenie die dwaalleer se “kennis” lees.
Die genade van God sal by julle wees! (I Tim 6:20-21)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading