Die Woord (II Timoteus oorsig)

Die evangelie van onverganklike lewe is waar:
Dié genade is nou aan ons geopenbaar. (II Tim 1:10)
Volg in geloof en liefde die Woord wat jy lees.
Bewaar dit deur die inwoning van die Gees ( II Tim 1:13-14).

Bly by wat jy geleer en en wat jy vas glo –
dít is wat jou lei tot verlossing van bo. (II Tim 3:14,15)

Die hele Skrif is deur God geïnspireer
om in die waarheid te onderrig en leer,
dwaling te bestry en verkeerdhede uit te roei
en so in ‘n regte lewenswyse te groei,
sodat die man wat in diens van God staan,
toegerus is vir sy goeie werksloopbaan. (II Tim 3:16,17)

Verkondig die woord; moenie ophou daarmee
bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee. (II Tim 4:2)

Die goeie wedloop het verstryk:
Ek het die wenstreep bereik.
Ek het gelowig end-uit gestry.
Nou wag die oorwinnaarskroon vir my:

Die lewe by God is my prys.
Ja, die regverdige Regter en Heer,
kom werklik eendag weer
en kom haal ook jou na Sy huis! (II Tim 4:7-8).

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading