Die volk skeur, maar God in beheer

Na die magtige Salomo,
verloop die geskiedenis so:

Salomo se seun, Rehabeam,
is by Sigem as koning gekroon
Nebat se seun, Jerobeam,
het as vlugteling in Egipte gewoon. (I Kon 12:1-2, II Kron 10:1-2)

Die volk het by Rehabeam kom kla
“U vader het ons ‘n swaar juk laat dra
As u ons van sommmige laste bevry,
sal ons steeds u onderdane bly.” (I Kon 12:3-4, II Kron 10:3-4)

Hy het die manne in diens van sy pa,
die ouer manne, raad gevra:
As u dit goed bedoel met hierdie nasie,
gee hulle ‘n bietjie belasting grasie. (I Kon 12:5-7, II Kron 10:5-7)

Maar hy het hulle die raad die wind in geslaan
toe die jong manne voor hom kom staan:
My pa het julle met swepe geslaan,
Ek sal julle die taal van gesels laat verstaan! (I Kon 12:10-14, II Kron 10:10-14)

Al het Rehabeam die saak so geskik
was dit so deur die Here beskik…
Die tien stamme: Aan Dawid het ons nie deel
en so is die volk in twee verdeel. (I Kon 12:15-19, II Kron 10:15-19)

Jerobeam het uit Egipte teruggekeer
Die tien stamme het om as koning vereer.
Net twee stamme was Rehabeam sin:
Juda en die stam Benjamin. (I Kon 12:20-21)

Rehabeam wou dit met oorlog gaan onderdruk,
maar God het die anders beskik:
“Gaan huis toe, wat gebeur kom van My!”
Hulle het geluister en tuis gebly. (I Kon 12:21-24, II Kron 11:1-4)

Rehabeam het sy vestingstede herbou
en so beheer oor Juda en Benjamin behou.
Die priesters moes voor Jerobeam vlug
en kom toe na Jerusalem terug. (II Kron 11:5-14)

Van die volk wou nog die Here aanbid
en het hulle na Jerusalem versit
na die tempel, die sentrum van hul kerk
en so die ryk van Juda verder versterk. (II Kron 11:16-17)

Al het die volk deur mense se optrede geskeur
wys die gedeelte God bly steeds in beheer (:15,24)
vertrou daarom in jou omstandighede op die Heer
en gee Hom, ten spyte van alles, lof en eer!