Die volk herbou die tempel (Esra 3-4, Hag 1-2)

Saam met die fondamente was daar ‘n gejuig:
Dit het van God se getrouheid getuig.

Die nie-Israeliete het probeer keer
en die bouwerk met omkopery versteur.
Die volk het hul eie huise begin bou,
in plaas van eerste op God te vertrou.

Neem ter harte wat met jul gebeur:
Julle het ‘n groot oes verwag,
maar kry ‘n misoes elke slag.
Kry hout en bou My huis tot my eer!

Skep moed, skep moed:
Begin werk met spoed.
Ek staan julle by.
Die werk is vir My.

Waarom is julle bang, so benoud?
Aan My behoort al die silwer en goud.
As ek My mag aan die nasies wys
Bring hulle hulle skatte na My huis!