As slawe het julle gesmeek
en ek het die juk gebreek.
Ek is die Here julle God,
hou daarom my gebod: (Lev 26:13,46)
Wat ek van jou wil sien
is dat jy nie afgode dien
Jy moet die sabbat nie versteur
en ook my heiligdom eer. (Lev 26:1-2)
As julle My voorskrifte nakom,
sal julle, julle oor die gevolge verstom:
Ek sal julle in oorvloed seën,
en dit op die regte tyd laat reën. (Lev 26:3-4)
Ek sal vrede gee in julle land,
jul vyand gee ek in jul hand. (Lev 26:6-7)
Julle eet nog vorige seisoen graan,
dan kom die nuwe oes al aan! (Lev 26:10)
Ek sal nie ‘n afsku in julle kry
en sal altyd by julle bly.
Ek sal julle God wees
en julle sal My as volk vrees. (Lev 26:10)
As julle nie na My luister,
en my voorskrifte verduister,
en julle My verbond verbreek,
sal Ek my so op jul wreek: (Lev 26:14-15)
Ek sal julle lewe vol angs maak
Ek sal julle siek en blind laat raak.
Julle sal tevergeefs werk en saai
want ek sal My rug op jul draai (Lev 26:16-17)
As julle hierna nog nie na My luister,
en my voorskrifte steeds verduister,
en julle My verbond verbreek,
sal Ek my nog verder op jul wreek: (Lev 26:18)
Alles waarop julle so staatmaak
sal ek eenvoudig laat wegraak.
Harde werk sul julle nie baat:
Julle sal plant sonder resultaat! (Lev 26:19-20)
As julle hierna nog nie na My luister,
en my voorskrifte steeds verduister,
en julle My verbond verbreek,
sal Ek my nog swaarder op jul wreek: (Lev 26:21)
Julle sal die straf moet verduur,
as Ek sal roofdiere na julle stuur
So sal ek julle veetroppe uitroei
En julle kinders dood laat bloei… (Lev 26:22)
As julle hierna nog nie na My luister,
en steeds my voorskrifte verduister,
en julle My verbond verbreek,
sal Ek my nog swaarder op jul wreek: (Lev 26:23-25)
As jul veiligheid soek agter die stad se muur
bring ek pes dat jul wil oorgee in die uur.
dan word tien mense se meel,
skaars genoeg vir een se keel… (Lev 26:25-26)
As julle hierna nog nie na My luister,
en steeds my voorskrifte verduister,
en julle My verbond verbreek,
sal Ek my in woede op jul wreek: (Lev 26:27-28)
Julle sal die vleis van julle kinders eet,
so swaar sal dit gaan, moet jul weet!
Ek sal julle lyke op julle lewelose afgode gooi
en julle na die heidennasies toe verstrooi. (Lev 26:29-33)
Julle land sal verlate lê en die stede kaal
sodat dit die sabbatsjare in kan haal. (Lev 34-35)
Die wat oorbly sal van spanning vergaan.
Hulle sal vlug al is daar nie vyand agter hulle aan. (Lev 26:36-38)
As die oorblyfsel dan kom na My
en hulle sonde erken en bely,
dan eers sal Ek my versag
en word My beloftes weer van krag. (Lev 26:39-42)
Na die volle sewentig jaar,
sal ek die ballinge weer vergaar.
Ek sal weer hulle God wees
en hulle sal my as volk vrees. (Lev 26:43-46)