Die verbond by Sinai

Gaan die wonders van die verlede na:
Op arendsvlerke het Ek jou gedra!
Die hele aarde behoort aan My
so het ek julle ook as volk gekry (Eks 19:4-5).

As julle My verbondsvoorwaardes lees
en in gehoorsaamheid My verbond hou
en in alle omstandighede op My vertrou,
dan sal Ek julle Koning en God wees! (Eks 19:6).

Voor Ek na julle kom is dit gepas:
Julle moet julle reinig en klere was.
Moenie eers aan my berg raak
anders word jul doodgemaak! (Eks 19:10-12).

God se verskyning was ‘n gesig
met donderslae, vuur en weerlig.
Die volk het nederig gebewe
want die Verbondsgod lewe! (Eks 19:16-19).

Heilig, heilig is die leërskare se matige Heer:
Die hele aarde is vol van sy heerlikheid en eer! (Jes 6:3, 1983 en 1953)
Die gans andere – daar is niemand soos Hy!
En tog maak Hy bemoeienis met my:

Met bloed het U die verbond beseël,
nou kan ek ook daarin kan deel! (Mat 26:28).
Uit dankbaarheid wil ek U wette hou
en met vreugde net op U vertrou.


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply