Die uitkoms is hier (Jes 40)!

Die uitkoms is hier!
Die uitkoms is hier! (Jes 40:1)
Woorde van troos,
want jy is so broos. (Jes 40:1, 1953)

Bring vir Jerusalem die goeie tyding:
God bring vir julle bevryding!
Julle het geboet vir julle sonde.
Julle het betaal met al julle wonde. (Jes 40:2)

Roep van die berg: “Julle God is hier!”
Die Here God kom, julle moet dit vier.
Al Sy volke gaan saam na Hom kom,
dié wat aan Hom behoort, is by Hom. (Jes 40:9-10)

Soos ‘n herder sy kudde bewaar,
is hulle soos lammers ook daar:
Teen Sy bors word hulle gedra,
ook die ooie kan nie vir méér vra. (Jes 40:11)

Het jy nog nie gehoor wat is waar:
Die Here God is van ewigheid daar?
Hy bepaal die aarde se rond.
Sý insig kan jy nie deurgrond!
Maar die nasies is soos ‘n stoffie op die skaal,
daar is nie ‘n offer groot genoeg om te betaal. (Jes 40:12-16)

Met wie kan julle God dan vergelyk?
‘n Handgemaakte beeld soos Hy laat lyk?!
Het jy dan nog nie verstaan,
hoe het die aarde ontstaan? (Jes 40:18-21)

Dis God wat bokant die hemelkoepel staan:
Vandaar lyk die mens soos ‘n klein sprinkaan.
Hy kyk na vername heersers of hul nie bestaan.
Kyk op na die sterre as jy iets van Hom wil verstaan… (Jes 40:22-26)

Wanneer Hy kom met Sy hemelse leër
kan niemand die verlossing keer!
“Die Here sien my nie raak”, kla jy?
Jou reg gaan by jou verby?
Wanneer gaan jy leer?
God is die ewige Skepper Heer! (Jes 40:26-28)

Hy versterk dié wat nie meer kan.
Vermoeides kry ‘n nuwe plan.
Die wat in vetroue wag,
kry by Hom nuwe krag!
Dan vlieg jy met arendsvlerk,
en word jy nie moeg van werk! (Jes 40:39-41)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading